Kabinet stel komitee aan om visumkwessie van VK te hanteer

Die Namibiese regering het sy reaksie gegee op die Britse regering se aankondiging vandag dat alle Namibiese burgers met onmiddellike effek ‘n visum sal benodig voordat hulle na die Verenigde Koninkryk kan reis. Die besluit is geneem as gevolg van die volgehoue en aansienlike toename sedert 2016 in die aantal Namibiese burgers wat vir asiel in Brittanje aansoek gedoen. Die Britse hoë kommissaris in Namibië, Charles Moore sê die asiel-stelsel word deur Namibiërs misbruik. Die ministerie van internasionale betrekkinge het in ‘n mediaverklaring ‘n beroep op Namibiërs gedoen om kalm te bly. Die kabinet het ‘n komitee aangestel om die kwessie te hanteer.