Helder Riviere-veldtog van stapel gestuur
Die departement van water en sanitasie versoek alle Suid-Afrikaners om in Nelson Mandela-maand by die Helder Riviere-veldtog aan te sluit om waterbronne skoon te maak en te beskerm ter ere van die voormalige president. Die veldtog vra elkeen om 67 minute aan welwillendheids-bedrywighede te bestee vir die skoonmaak van strome, vleilande, damme en kanale. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en die 30ste droogste ter wêreld, met ‘n vinnig-groeiende bevolking.