Fietsry: Vingegaard vergroot voorsprong in Tour de France
Fietsry: Die verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard, het sy algehele voorsprong in die Tour de France vergroot met ‘n skitterende oorwinning oor die tweemalige wenner, Tadej Pogacar. Die Deen het die roete van 22,4 kilometer van Passy na Combloux in 32 minute en 36 sekondes gewen op ‘n beslissende dag vir die toer. Die 26-jarige fietsryer het sy algehele voorsprong oor Pogacar tot een minuut en 48sekondes vergroot. Die Brit Adam Yates het tot die derde plek opgeskuif. Vingegaard sê dit was een van die moeilikste skofte.