Eros-inkoopsentrum se gewapende rowers nog soek

Die Namibiese polisie is nog steeds op soek na die verdagtes wat vanoggend betrokke was tydens ‘n gewapende rooftog in die parkeer-area by die Eros-inkoopsentrum in die hoofstad. ‘n Kassier en sekuriteitsbeampte van die apteek het na die bank oorkant in die sentrum gestap om ‘n sak met kontant ter waarde van byna 28 000 Namibiese dollar in te betaal, toe drie gewapende rowers glo die sak by die ongewapende sekuriteitswag gegryp het. Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om te help met die opsporing van die wegkomvoertuig, ‘n silwer Toyota Corolla. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni het met Kosmos 94.1 gesels…