Ekonoom verwag geen rentekoersstyging

‘n Ekonoom van Alexander Forbes, Murendeni Nengovhela, verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die rentekoers onveranderd laat danksy die herstel van die Suid-Afrikaanse rand en die verwagte verlangsaming van inflasie. Hy verwag verbruikersprys-inflasie het in Junie verlangsaam. Nengovhela voorspel ook ‘n afname in inflasie tot binne die sentrale bank se teikenkoers van tussen drie en ses persent. Statistiek Suid-Afrika gaan na volgehoue verhogings van rentekoerse vir meer as ‘n jaar die inflasie-syfers vir Junie môre bekend maak.