ECB kondig grootmaat kragtariewe aan

Die Elektrisiteitsbeheerraad het vandag die grootmaat elektrisiteitstariewe aangekondig wat slegs van toepassing is op NamPower se grootmaat kliënte soos die streeks-elektrisiteits-verspreiders, bekend as die REDs, plaaslike owerhede, streeksrade en myne. Die beheerraad het ErongoRED se tariefverhoging van 9 persent en Cenored se 7,6 persent goedgekeur. NamPower-verspreiding het vir ‘n verhoging van 11,2 persent gevra, maar het 9,2 persent gekry, Nored het 10,5 persent versoek, maar is 9,8 persent toegestaan. Omaheke het 3,5 persent versoek, maar het 3,3 persent gekry en Okahandja het vir 8 persent gevra en is 7,3 persent toegestaan. Tariefverhogings is effektief op 1 Julie. Pinehas Mutota, hoofbestuurder van ekonomiese regulering by die beheerraad, sê Stad Windhoek het hul aansoek laat ingedien en die aankondiging sal eers Vrydag gedoen word.