Derek Watts tree uit by Carte Blanche

Die bekroonde Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, Derek Watts, het sy uittrede aangekondig uit die jarelange ondersoekende-nuusprogram, Carte Blanche, om op sy gesondheid te fokus. Watts het in ‘n onderhoud onthul hy ly reeds ‘n jaar stilweg aan kanker en is onlangs in die Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem weens erge sepsis. Die gesoute aanbieder sê hy het verlede jaar met chemoterapie begin nadat hy ‘n diagnose gekry het van velkanker wat na sy longe versprei het. Watts het in 1988 met sy Carte Blanche-reis begin.