DA: G’n wonder Cyril wil Putin-besoek geheim hou

Die DA het die Suid-Gautengse hooggeregshof se opdrag verwelkom dat President Cyril Ramaphosa se vertroulike beëdigde verklaring oor sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, openbaar gemaak moet word. In sy verklaring in reaksie op die DA se hofaansoek dat Putin volgens ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof in hegtenis geneem moet word, sê Ramaphosa Rusland het dit duidelik gemaak dit sal ‘n oorlogsverklaring wees as sy sittende president gearresteer word. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê gegewe die belaglike aard van Ramaphosa se verklaring, is dit geen wonder hy wil dit vertroulik hou nie.