Brrr! Koue weer is op pad
Volgens die Namibiese Meteorologiese Diens kan reën en koeler toestande vandag in die Suide verwag word. Koue lug sal van môre verder na die binneland versprei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê lae temperature word van vandag af in die land verwag en sneeu, donderstorms en kwaai wind sal veral in die Kaapse berge voorkom. Die sneeu sal uitbrei na die pieke van die Drakensberg en KwaZulu-Natal. Die weervoorspeller, Elizabeth Viljoen, sê saam met die koue kan bewolkte en reënerige toestande ook in verskeie provinsies soos die Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga verwag word.