Amnestie Internasionaal maan Suid-Afrika oor Putin
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê as lid van die Internasionale Strafhof is die land se wetlike verpligting as lidstaat baie duidelik. Die organisasie is as vriend van die hof toegelaat in die DA se aansoek dat Suid-Afrikaanse owerhede verplig word om die Russiese president, Vladimir Putin, in hegtenis te neem wanneer hy volgende maand die Brics-beraad bywoon. Die aansoek word Vrydag aangehoor. Amnestie Internasionaal se uitvoerende direkteur, Shenilla Mohamed, sê die regering kan nie ‘n voortvlugtige van die Internasionale Strafhof beskerm terwyl hy van oorlogsmisdade beskuldig word nie.