Wes-Kaap: 39 kinders in tweede kartaal vermoor

Die Wes-Kaapse polisie se kwartaallikse misdaadstatistiek toon 39 kinders is in die tweede kwartaal in die provinsie vermoor – 20 meer as in die eerste kwartaal. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagan Allen, sê die meeste van die sterftes is gekoppel aan bendegeweld. Hy sê die regstelsel het nie daarin geslaag om oortreders aan die pen te laat ry nie. Allen herhaal oproepe dat die polisie deur provinsiale regerings bestuur moet word om doeltreffende geregtigheid vir slagoffers en hul gesinne te verseker.