Wateronderbrekings, beurtkrag en meer kanselleer meer as 100 operasies in 7 dae

Die DA in Gauteng sê meer as honderd operasies is verlede week in drie groot provinsiale hospitale gekanselleer. Jack Bloom van die party sê in een geval is ‘n operasie weens ‘n water-onderbreking gekanselleer, in ‘n ander geval weens ‘n oorstroming en in nog ‘n geval omdat die verhittingstelsel in die teaters ingegee het. Hy sê by die Helen Joseph-hospitaal kon sjirurgiese instrumente nie gesteriliseer word nie omdat daar weens die watertekort nie stoom in die outoklawe was nie: