Tifoon Talim ontwortel meer as 230 000 in suidooste van China

Meer as 230 000 mense is in die suidooste van China ontwortel weens die tifoon Talim. Dit volg terwyl groot dele van Asië gebuk gaan onder swaar reën en buitengewoon hoë temperature. Dit tifoon het vlugte ontwrig en toeriste-aantreklikhede moes gesluit word. Die storm het egter verswak op pad na Viëtnam. Die tifoon het getref twee dae nadat ‘n dorp in die noordweste van China ‘n rekord-temperatuur van 52,2 grade Celsius aangeteken het. In Japan is waarskuwings oor hitte-uitputting in 32 van die land se 47 distrikte uitgereik nadat temperature in talle plekke tot bykans 40 grade gestyg het. Sowat 60 mense is reeds vir hitte-uitputting behandel. In Suid-Korea het die dodetal na dae van swaar reën en modderstortings, tot 41 gestyg.