Taalgenoot se Smith sterf

Die redakteur van die tydskrif Taalgenoot en bekroonde skrywer, Johan Jack Smith, het weens ‘n hartaanval gesterf. Hy het in 2020 die Eugene Marais-prys vir sy debuutroman, Zola, ontvang en was voor sy afsterwe ‘n MA-student in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het hiervoor die JC Steyn-beurs ontvang. Die ATKV se hoofbestuurder van kommunikasie, Mercia Eksteen, sê Smith se dood is ‘n groot verlies. Hy was bekend vir sy kreatiwiteit en sy sin vir humor. Hy word oorleef deur sy vrou, Almerie Kirsten Smith en hul seun Rijger.