Statebondspele: Victoria onttrek, kostes te hoog

Die Australiese staat Victoria het onttrek as aanbieder van die 2026 Statebondspele omdat die geprojekteerde koste oorskry word. Die Statebondspele-federasie het gesukkel om ‘n gasheerstad te kry voordat Victoria in April verlede jaar aangebied het om dit te doen. Organiseerders het aanvanklik beraam die geleentheid wat in stede soos Geelong, Bendigo en Ballarat aangebied sou word, sou sowat 47 miljard Namibiese dollar kos. Victoria se premier, Dan Andrews, sê die toernooi van 12 dae sal nou na verwagting meer as 108 miljard Namibiese dollar kos wat die staat nie kan bekostig nie: