Pa getuig in Nieu-Seeland in vrou se moordsaak

Die Suid-Afrikaanse dokter Graham Dickason het in die hof in Christchurch, Nie-Seeland, getuig sy vrou, Lauren, wat tereg staan vir die moord op hul drie kinders, het geestesprobleme ondervind. Lauren Dickason het na bewering in 2021 die sesjarige Liané en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, in hul huis in Timaru verwurg en versmoor, terwyl haar man by ‘n werksete was. Sy het onskuldig gepleit op grond van kranksinnigheid.  Dickason sê ten spyte van sy vrou se geestesprobleme het hy nie in sy wildste drome gedink sy sal hul kinders doodmaak nie.