Mediakenner sê dit maak nie sin om 7de Laan te kanselleerJuly 18, 2023

Die Suid-Afrikaanse media-kenner Thinus Ferreira sê dit maak nie sin om die gewilde SABC2 sepie, 7de Laan te kanselleer nie. Hy sê die program het elke aand 1,2 miljoen kykers, die tweede meeste van enige program op die kanaal. Ferreira sê ernstige vrae ontstaan as die openbare uitsaaier nie in staat is om só ‘n gewilde program op lug te hou nie. SABC2 en Danie Odendaal Produksies het Maandag aangekondig dat die sepie ná 23 jaar gekanselleer word. Die laaste episode word op 26 Desember uitgesaai.