Konserte dra ekonomiese sterk by in die VK
Syfers wat deur die bedryfsliggaam UK Music vrygestel is, toon 1,1 miljoen mense het die Verenigde Koninkryk verlede jaar besoek om vir die eerste keer ‘n konsert by te woon nadat inperkings weens die Covid-19-pandemie opgehef is. Sterre soos Elton John, Ed Sheeran, Harry Styles, Stormzy en Dua Lipa het almal die afgelope jaar vertonings in dié land aangebied. Musiektoerisme het 155,7 miljard Namibiese dollar tot die land se ekonomie bygedra. UK Music se uitvoerende hoof, Jamie Njoku-Goodwin, sê die syfers bevestig hoe belangrik ‘n voortuitstrewende musiek-ekostelsel vir dorpe en stede is.