Cyril sê Madiba was gekant teen korrupsie

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen die opblaas van pryse van infrastruktuur-projekte. Hy het gepraat tydens die Nelson Mandela-dag-herdenkings in Qunu in die Oos-Kaap. Ramaphosa sê die wyle oudpresident was gekant teen korrupsie en opgeblaasde pryse in infrastruktuur-projekte. Hy doen ‘n beroep op amptenare om dit te vermy, aangesien dit regeringsfondse en hulpbronne lamlê.