Helikopter-wrakstuk word na hoofstad vervoer vir ondersoek
Die Namibiese polisie is tans besig om die verklaring voor te berei om die oorledenes van die noodlottige helikopter-ongeluk aan die kus se identiteite amptelik bekend te maak. Intussen is daar is talle bespiegelings oor die oorsaak van die ongeluk. Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke Magnus Abraham sê die wrakstuk sal vandag of môre na die hoofstad vervoer word en dan sal die ondersoek in erns begin. ‘n Voorlopige verslag moet oor 30 dae bekend gemaak word. Abraham het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.