Oosweer winde voed Atlantiese-oseaan, AmasoneJuly 17, 2023
Die Oosweer het inwoners van die kus met hul hande in die hare gelaat. Paaie is ontwrig, huise en kantore is vol sand gelaat en die weer is oor die algemeen, erg ongerieflik. Maar, die Ooswinde het ‘n uiters belangrike doel. Nie net voed die sandstorms mikro-organismes in die Atlantiese-oseaan op ons eie kuslyn nie, die immerbelangrike Amasone het ook die voedingstowwe nodig. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van Nust se Biodiversiteitsnavorsing-sentrum verduidelik.