McIlroy vat Skotse OpeJuly 17, 2023
Die viermalige major-wenner Rory McIlroy het Robert MacIntyre met een hou geklop om die Skotse Ope en sy 24ste PGA-toertitel op te raap. Die speler van Noord-Ierland het sy eerste titel by die Renaissance-klub in Skotland met een hou en ‘n voëltjie op die 18de putjie ingepalm om ‘n telling van twee onder 68 aan te teken. Dit is McIlroy se tweede titel van die seisoen. Scottie Scheffler, Byeong Hun An en David Lingmerth het gesamentlik derde klaargemaak. McIlroy, wat nou tweede op die wêreldranglys is, sê die oorwinning is ‘n ongelooflike gevoel: