Leerder wat op video in klaskamer drink moet geskors word

Die onderwysdepartement in Mpumalanga vra die onmiddellike skorsing van ‘n leerder van die Sekondêre Skool Siftokotile, wat in ‘n video, wat vinnig versprei, gesien word waar hy iets wat lyk na alkohol in ‘n klas drink. Die woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die skool moet ‘n volledige verslag oor die voorval indien en tugstappe teen die leerder instel. Sambo sê, amptenare sal die skool besoek om vas te stel hoé wydversprei dié maatskaplike uitdaging is: