Amushelelo vra hulp vir Julietta na beroerte

Die vrou van die omstrede arbeidsaktivis, Michael Amushelelo, het blykbaar ‘n beroerte gehad. Volgens wat berig word, het Julietta, 23, verlede week die beroerte gehad maar daar is geen fondse om haar te hospitaliseer nie. Amushelelo het aan plaaslike media gesê hy het groot kommer en het ‘n beroep op vrywilligers en ondersteuners gedoen om haar by te staan. Hy is sedert 21 Maart weer agter tralies, in sy vierde arbeidsaak. Hy het voorheen borg ontvang, in beide die Swakopmund en Stad Windhoek voorvalle maar, het op Onafhanklikheidsdag, volgens owerhede, die laaste keer sy borgvoorwaardes oortree.