Alcaraz betower in Wimbledon-eindstryd
Die wêreld-nommer een Carlos Alcaraz het sy eerste Wimbledon-titel gewen en daarmee slegs die vyfde man in die Ope-era geword om voor die ouderdom van 21 verskeie major-titels te wen. Die Spanjaard het die sewemalige kampioen Novak Djokovic met 1-6, 7-6, 6-1, 3-6 en 6-4, verslaan en daarmee die tweede Grand Slam-titel van sy loopbaan ingepalm. Die Serwiër het gehoop om met ‘n oorwinning die rekord van 24 Grand Slam-titels asook Roger Federer se mansrekord van agt Wimbledon-titels te ewenaar. Alcaraz is naas Djokovic, Rafael Nadal en Andy Murray, die vierde aktiewe manspeler wat die trofee by die All England-klub kon lig. Alcaraz, wat nog slegs vier toernooie op gras gespeel het, was emosioneel toe hy sy oorwinning beskryf het.