Verskeie lande, ook Namibië, vaar goed met uitwissing van MIV/vigs
Die beëindiging van MIV/vigs is steeds in die nuus. UNAids se direkteur in die suidelike streek, Anne Githuku-Shongwe, sê vigs kan voorkom word deur pasiënte aan te moedig om hulle teenretrovirale middels te neem om hulle lewens te verleng. Githuku-Shongwe beklemtoon ook die belangrikheid van die gebruik van beskikbare data om te bepaal hoeveel mense het die virus onder lede sodat doeltreffende strategië ingestel kan word. Geslagsongelykheid moet ook bestry word en befondsing moet beskikbaar wees. Namibië se teikens word behaal, danksy Amerikaanse befondsing, soos Githuku-Shongwe verduidelik.