Toename in wanbetalings in SA wek kommer

Nuwe data uit die Experian Consumer Default Index in die buurland beklemtoon die finansiële uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar terwyl rentekoerse aanhou styg. Die verslag toon ‘n aansienlike toename in leningpaaiemente, wat uitloop op ‘n hoër koers van versuim om skuld af te betaal. In die eerste kwartaal van 2023 was daar ‘n 4 persent versuimkoers onder motoriste, wat beteken 4 miljard Suid-Afrikaanse rand se motorbelatings het agterweë gebly. Die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, sê sukkelende motoriste moet bewus wees van hulle regte en moet hulle opsies oorweeg as hulle nie is staat is om hulle voertuigpaaiemente te betaal nie.