Ouers word herinner oor insette oor ’24 se skoolkalender

Die Namibiese onderwysministerie vra dat die publiek eienaarskap neem van die proses om insette te lewer oor die twee voorgestelde skoolkalenders vir volgende jaar. Daar is nie noemenswaardige verskille nie, behalwe die begin van die akademiese jaar en die breek in die tweede semester. Die twee skoolkalenders is in plaaslike koerante geadverteer met al die kontakbesonderhede en die sperdatum is 28 Julie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…