Meer as helfte Namibiërs is werklik voedselonseker

Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het in sy jongste verslag aangedui sowat 1,5 miljoen mense in Namibië kon nie ‘n gesonde dieet inbedie 2020 en 2021 bekostig nie. Dit het vanaf 1,3 miljoen mense in 2017 toegeneem. Die koste van ‘n gesonde dieet word op 70 Namibiese dollar 20 sent geraam. ‘n Verdere 57,7 persent Namibiërs het verlede jaar matige of erge voedselonsekerheid ervaar en daar is beraam dat 239 000 mense hoë vlakke van akute voedsel-onsekerheid tussen April en Augustus vanjaar sal ervaar. Volgens die verslag het sowat 800 000 mense in Namibië verlede jaar ernstige voedselonsekerheid ondervind, terwyl 400 000 ondervoed was. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe om die uitdaging aan te spreek.