Ma agter tralies na sy haar babaseun ophangJuly 16, 2023

‘n 22-jarige Namibiese vrou is in hegtenis geneem nadat sy op ‘n hervestigingsplaas by Hochveld, noord van Okahandja, haar 11-maande oue baba opgehang het. Volgens die Namibiese polisie het die vrou die kind aan die dak van haar sinkhuis opgehang en haarself saam met hom in die struktuur toegesluit. Haar broer het volgens die mag die struktuur oopgebreek en net betyds die babaseun gered. Die vrou sal môre in die Okahandja-landdroshof verskyn op klagte van poging tot moord.