Kuugongelwa-Amadhila bevestig sy’s ontslaan, voel beter
Eerste minster, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het vanoggend bevestig dat sy wel Saterdag ontslaan is nadat sy Vrydag in die Ongwediva MediPark-hospitaal opgeneem is. Haar kantoor het Saterdag gesê sy is net vir ‘n nag opgeneem maar het nie gespesifiseer wat fout is nie. Die 55-jarige premier sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is dankbaar vir al die goeie wense en dat sy baie beter voel.