Kremlin bevestig oproep tussen Ramaphosa, Putin
President Cyril Ramaphosa en sy Russiese eweknie Vladimir Putin het telefonies die Swartsee Graan-ooreenkoms, wat môre verval, en die Brics-spitsberaad volgende maand in Suid-Afrika, bespreek. Die Kremlin het ‘n verklaring oor die oproep uitgereik, maar het nog nie amptelik gesê of Putin beplan om die spitsberaad by te woon nie. Reuters berig die Kremlin sê Ramaphosa het Putin ingelig oor die voorbereidings vir die geleentheid, maar het nie uitgebrei oor hulle gesprek nie. Ramaphosa se kantoor het ook die oproep bevestig, maar het na wat berig word nie die vergadering van die Brics-groep genoem nie.