Goeie besluit om SANDF te ontplooi om vragmotors te beskermJuly 15, 2023
AgriSA steun die besluit om Suid-Afrikaanse weermaglede te ontplooi om te help teen die brandstigting van vragmotors. Die landbou-organisasie het gewaarsku teen die moontlike uitwerking indien die vragmotors in die voedselsektor sou uitbrand. Die president van AgriSA, Jaco Minnaar, sê die uitwerking is baie groter as net die vragmotors, maar gaan ook oor die vertraging met in- en uitvoere. Volgens hom is die weermag die beste toegerus om die saak te hanteer: