WGO: Kunsmatige versoeter ondersoek
Die Wêreldgesondheids-organisasie het die kunsmatige versoeter, aspartaam, as ‘n moontlike karsinogeen geklassifiseer, maar sê verdere navorsing is nodig. Dit volg nadat twee groepe kundiges van die WGO duisende wetenskaplike studies nagegaan het om te bepaal of die versoeter moontlik kanker kan veroorsaak. Die WGO sê nou aspartaam is veilig om te gebruik solank ‘n persoon minder as 40 milligram per kilogram van hulle gewig per dag inneem. Aspartaam is een van die wêreld se gewildste versoeters en word gebruik in suikervrye produkte wat wissel van dieet-koeldrank tot tandepasta en kougom.