VN: Einde van MIV/vigs in sig in 2030

Die Verenigde Nasies hou vol die einde van MIV/vigs is steeds bereikbaar teen 2030, en beklemtoon die behoefte aan leiers om die geleentheid aan te gryp. Die Verenigde Nasies-agentskap UNAIDS het ‘n padkaart uiteengesit om die pandemie te beëindig, insluitend belegging, bevestigde voorkoming en behandeling, die bemagtiging van die burgerlike samelewing en aandag aan ongelykhede wat vordering belemmer. Uitvoerende direkteur Winnie Byanyima sê daar is wel vordering gemaak maar die wêreld is nog nie op dreef om MIV/vigs te beëindig nie. Lande soos Botswana, Eswatini, Rwanda, Tanzanië en Zimbabwe het egter hul teikens bereik.