Vloedskade aan landbou is meer as R1 miljard

Die Wes-Kaapse departement van landbou sê die geraamde finansiële koste van die skade aan landbou-infrastruktuur ná die onlangse verwoestende oorstromings in die provinsie beloop meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand. ‘n Waardasie om die skade aan landbou-gebiede te bepaal, is tussen 26 en 30 Junie in die Weskus, die Kaapse Wynland en die Overberg gedoen. Die departement sê daar is omvattende skade aan rivieroewers, besproeiingstoerusting, privaat paaie en wingerde en vrugteboorde wat deur modder verswelg is. Die woordvoerder Daniel Johnson sê die verlies aan oeste beloop 278 miljoen Suid-Afrikaanse rand en die verlies aan inkomste vir seisoenswerkers was 18,7 miljoen rand.