Sokker: SA in Afrika-uitdunne vir Sokker-wêreldbeker 2026
Sokker: Suid-Afrika is saam met Nigerië, Benin, Zimbabwe, Rwanda en Lesotho in Groep C vir die Afrika-uitdunne vir die 2026 Sokker-wêreldbeker wat in Amerika, Kanada en Mexiko gehou word. Die wenners in elk van die nege groepe sal outomaties vir die Wêreldbeker kwalifiseer. ‘n Uitspeel-fase vir die vier groep-naaswenners sal bepaal wie Afrika in Maart 2026 in ‘n inter-konfederasie-toernooi verteenwoordig. Die Wêreldbeker wat van 32 na 48 spanne uitgebrei is, het nege gewaarborgde plekke vir Afrika-spanne.