Sioka verwelkom mosie oor kinderbeskerming

Die minister van kinderwelsyn Doreen Sioka het die kinderbeskerming-mosie wat deur die PDM-parlementslid, Inna Hengari, in die parlement ingedien is, toegejuig. Hengari het die mosie ter tafel gelê na aanleiding van gevalle van kindermishandeling in die land. Sy het ‘n beroep op die regering gedoen om alles te doen om die veiligheid van die Namibiese kind te verseker. Tydens die debat in die Nasionale Vergadering het Sioka gesê die regering doen alles wat hulle kan, en benodig die ondersteuning van ander om die brandende kwessie aan te spreek. Sioka het ook gedeel wat haar ministerie doen om die mishandeling van kinders te bekamp…