Russieses bevelvoerder glo ontslaan oor hy kla oor haglike situasie aan die front

’n Russiese weermag-generaal, generaal-majoor Ivan Popov voer aan hy is as ’n bevelvoerder ontslaan nadat hy die militêre leierskap vertel het van die haglike situasie aan die front in die Oekraïne. Hy sê Russiese soldate is in die rug gesteek deur die mislukkings van die top-militêre base. Ná die muitery op 24 Junie deur Wagner-huursoldate, die grootste plaaslike uitdaging vir die Russiese regering in dekades, het President Vladimir Putin tot dusver die minister van verdediging, Sergei Shoigu, en die hoof van die algemene staf Valery Gerasimov in hul poste behou.