Ramaphosa tevrede met hof-uitspraak oor OB
President Cyril Ramaphosa het sy tevredenheid te kenne gegee oor die Konstitusionele Hof se uitspraak wat sy besluit bekragtig om die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, te skors. Die land se hoogste hof het die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof eenparig omgekeer en vasgestel daar is rasionele gronde vir Mkhwebane se skorsing in Junie verlede jaar. Adjunk-hoofregter Mandisa Maya het beklemtoon Mkhwebane se skorsing hou geen voordeel in vir Ramaphosa nie. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die President het binne die grense van die wet opgetree deur Mkhwebane te skors.