Omgewingsministerie gee reaksie ná heftige kritiek oor ReconAfrica

Die omgewingsministerie het sy reaksie gegee ná heftige kritiek op sy goedkeuring van die Kanadese olie-en gas-reus ReconAfrika se omgewingsklaringsertifikaat om nóg 12 eksplorasie-boorgate in die Noordooste te boor. Intussen het ‘n groep Namibiese, Amerikaanse en Kanadese burgerlike organisasies, gesamentlik ‘n beroep op die Toronto-aandelebeurs gedoen om regulatoriese goedkeuring vir die Kanadese olie- en gas-reus ReconAfrica en sy voorgestelde nuwe aandeel-notering te weerhou. Die maatskappy het einde Junie ‘n nuwe aandele-aanbod aangekondig, wat 6,5 miljoen Amerikaanse dollar wil insamel om sy eksplorasie na olie en gas voort te sit. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda verduidelik waarom van die omgewingskommisaris die groenlig aan ReconAfrica gegee het…