NLU: Vervoer só wildsvleis wettig
Die jagseisoen is in volle swang en die Namibiese Landbou-unie ontvang gereelde navrae oor die vervoer van wildsvleis. Volgens die omgewingsministerie word dit deur die regulasies van die Natuurbewaringsordonnansie bepaal dat vervoer van wildsvleis onderhewig is aan óf ‘n ‘skiet- en verkoop’-permit óf ‘n ‘skiet vir eie gebruik’-permit. Hierdie permitte laat die eienaar toe om wildsvleis binne Namibië te vervoer en geen ekstra vervoerpermit word vereis nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die NLU se woordvoerder, Tanja Dahl gepraat wat verduidelik…