Meer as 6 000 Kapenaars sluk PrEP-pille om MIV te voorkom

Die Stad Kaapstad sê minder as 18 maande ná die bekendstelling van ‘n nuwe MIV-voorkomingstrategie by ‘n aantal klinieke, het 6 184 kliënte Pre Exposure Prophylaxis begin gebruik. PrEP is ‘n daaglikse tablet bestaande uit antiretrovirale middels, wat voorkom dat ‘n MIV-negatiewe persoon MIV deur oordrag opdoen. Die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê Suid-Afrika is die eerste land wat die tablet goedkeur.