Kommer oor twee SA burgers in Ekwatoriaal-Guinee

Die Suid-Afrikaanse direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking, Zane Dangor, het kommer uitgespreek oor die opsluiting van twee Suid-Afrikaanse burgers in Ekwatoriaal-Guinee. Peter Shane Huxham en Frederic Johannes Potgieter is in Februarie in hegtenis geneem en verlede maand deur vyf regters skuldig bevind aan die onwettige besit van en handel in kokaïen. Die twee het op ‘n olieboor aan die kus van Ekwatoriaal-Guinee gewerk. Dangor sê hy is ontsteld omdat die Suid-Afrikaanse ambassade steeds toegang tot die aangehoudenes geweier word, wat teenstrydig is met internasionale wette.