Hollywoord-akteurs en -skrywers staak
Hollywood-akteurs het ‘n staking aangekondig wat dit die eerste keer in 63 jaar maak dat akteurs en draaiboekskrywers gelyktydig staak. Dit volg nadat die Screen Actors Guild American Federation of Television and Radio Artists se vakbond en ateljees nie ‘n regverdiger verdeling van winste kon bereik nie. Die plakkaat-betoging begin vandag buite Netflix se hoofkantoor in Kalifornië voordat dit na Paramount, Warner Brothers en Disney beweeg. Sowat 160 000 akteurs sal na verwagting deelneem. Sag-Aftra se president, Fran Drescher, sê hulle het geen ander keuse nie.