Europa steier onder hitte

Buitengewoon hoë temperature kom in verskeie lande in Europa voor. In Griekeland is die Akropolis tydens die warmste tyd van die dag gesluit en in Kroasië is inwoners besig met opruimingswerk ná veldbrande. In Italië word maksimum temperature van hoër as 45 grade Celsius in die komende dae verwag. Die Europese Ruimte-agenstap wat satelliete het wat land- en see-temperature monitor, het gewaarsku dat buitengewone toestande vir Italië, Spanje, Frankryk, Duitsland en Pole voorspel word. Volgens syfers wat vandeesweek bekend gemaak is, is daar verlede jaar tydens die hitte-toestande sowat 61 000 mense dood weens hitte-verwante oorsake.