Daar moet weer gestem word vir Thaise permier

Die enigste benoemde vir die amp van Thailand se eerste minister kon nie genoeg stemme in die parlement kry om ‘n regering te vorm nie. Internasionale media berig die Move Forward-party se leier, Pita Limjaroenrat, het twee maande gelede die meeste stemme gekry, maar sedert verkiesingsreëls herskryf is ná ‘n militêre staatsgreep in 2014, moet hy die meerderheid stemme in die parlement kry om eerste minister te word. Hy het net 324 van die 376 stemme gekry wat nodig is vir ‘n meerderheid in die Hoër- én Laerhuis. Die Huis se Speaker sal nou later nog ‘n verkiesing skeduleer.