DA verwelkom uitspraak oor Zuma

Die DA het die Konstitusionele Hof se uitspraak oor oudpresident Jacob Zuma se mediese paroolsaak verwelkom. Die hof het die departement van korrektiewe dienste se aansoek verwerp waarin hy probeer het om die gewese kommissaris van korrektiewe -ienste, Arthur Fraser, se besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan, onregmatig te verklaar. Die beslissing kan tot gevolg hê dat Zuma moet teruggaan tronk toe om die res van sy 15 maande tronkstraf weens minagting van die hof uit te dien. Die DA-leier John Steenhuisen sê hierdie uitspraak gaan ‘n belangrike presedent skep.