Boer van Opuwo is wenner van Food Waste Challenge
Die Capricorn-stigting het die Food Waste Challenge-kompetisie vir die tweede jaar van stapel gestuur om innoverende oplossings te vind om voedsel-vermorsing in Namibië te verminder om sodoende die probleem van voedsel-onsekerheid te help takel. Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa van die plaas Ndinandali by Opuwo is die algehele wenner. Marlize Horn van die stigting het met Kosmos Nuus gesels waarom die projek as uitsonderlik geag word.