Zuma moet terug tronk toe
Oudpresident Jacob Zuma moet terugkeer na die Estcourt-korrektiewe sentrum om sy oorblywende tronkstraf uit te dien. Die Konstitusionele Hof het ‘n aansoek om verlof tot appèl teen sy mediese parool van die hand gewys en sê dit het nie ‘n redelike vooruitsig op sukses nie. Dit beteken die Appèlhof se uitspraak van November bly van krag. Die Konstitusionele Hof het die oudpresident 15 maande tronkstraf opgelê vir minagting van die hof omdat hy nie gehoor gegee het aan die bevel om die dagvaarding van die Staatskapingskommissie te gehoorsaam nie. Die kommissaris van korrektiewe dienste moet besluit hoe lank Zuma nog moet uitdien.